You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 134
| Noteup | LawCite
Download original files PDF format RTF format |
SAAK No. 294/83SAAK NO. 2 9 4/8_3
/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING)
In die saak tussen
RUDIWAAN BENJAMINAPPELLANT
en
DIE STAATRESPONDENT
CORAM; VILJOEN, BOTHA ARR et ELOFF Wnde AR
VERHOOR: 20 November 1984
GELEWER: 29 November 1984
UITSPRAAK
ELOFF, Wnde AR:/ .......
2.
BLOFF, Wnde AR
Die appellant is in die Kaapse
Provinsiale Afdeling (Burger R en assessore) skuldig
bevind aan roof met verswarende omstandiqhede en die
besit van 'n vuurwapen sonder 'n lisensie. Verlof tot
appel teen die skuldigbevinding is deur die hof aquo
geweier, maar dit is daarna verleen in terme van artikel
316(8)(c)(ii) van Wet 5 9 van 19 59.
Ek bespreek allereers die skuldigbe-
vinding aan roof. Die bewese feite was dat ge-
durende die aand van 10 Mei 1981 'n aantal mans op die
huis van 'n sekere Mymoena Smith in Kensington, Kaap,
toegesak het, met die doel om haar en die ander
huisbewoners te beroof. Hulle gesigte was met balaclava
pette/ .......
3.
pette bedek, en die meeste van hulle was gewapen.
Terwyl een van hulle vir Mymoena Smith met 'n
rewolwer aangehou het, het van die ander rowers 'n
geldkissie bevattende minstens R3 000 in kontant
gevind en die inhoud geneem. Hulle het ook ver-
skeie ander persoonlike besittings soos ringe
en horlosies van Mymoena Smith en ander lede van
haar familie afgeneem, en hulle daarna uit die voete
gemaak. Binne die volgende paar dae is die appellant
en vyf ander mans aangekeer weens beweerde aandadigheid
in die rooftog. In die daaropvolgende verhoor was
die appellant beskuldigde No. 3. Die wesentlike
geskilpunt in die verhoor wat betref die klagte onder
bespreking,/ .......
4.
bespreking, was of die beskuldigdes deelgenote in
die rooftog was. Sover dit die appellant aangaan
het geeneen van die getuies hom geidentifiseer as een
van die mans wat Mymoena Smith se huis binnegekom het
nie. Die verhoorhof het wel die mening uitgespreek dat
waar Mymoena Smith verwys na een van die rowers as
"die kleinjie", dit waarskynlik van toepassing was
op die appellant, wat kort van postuur was. Volgens
my mening het die hof egter sekere getuienis wat Mymoena
Smith afgelê het toe sy as getuie herroep was, buite
rekening gelaat. Sy het 'n beskrywing van "die
kleintjie" se mond wat sy deur die opening in die
balaclava pet kon sien, gegee wat nie die voorkoms
van/ .........
5.
van die betrokke gesigsdeel van die appellant pas
níe. In werklikheid is die effek van die Staats-
getuienis dat, watter rol die appellant oókal". in die
strooptog mag gespeel het, hy nie Mymoena Smith se
huis binnegekom het nie. Die enigste bewysmateriaal
wat voor die hof geplaas was wat moontlik dui op die
appellant se verbintenis met die rooftog, was 'n ver-
klaring wat na bewering op 15 Mei 1981 deur die
appellant voor 'n vrederegter afgelê is. Die toelaat-
baarheid van die verklaring is in die hof a quo aan-
geveg. 'n Verhoor binne 'n verhoor sonder die assessore
is daarop deur die verhoorregter gehou. Die betrokke
vrederegter, Kaptein Brits, en twee lede van die
polisiemag/ .......
6.
polisiemag wat gemoeid was met die ondersoek van die
geval, naamlik Sersante Gagiano en Temmers, was die
vernaamste persone wat direkte getuienis aan die kant
van die staat afgelê het. Die appellant was die
enigste verdedigingsgetuie. Die staatsgetuienis is
tot dien effekte dat die appellant ná sy arrestasie
ondervra was. Op 15 Mei 1981 is hy na Kapt. Brits
geneem voor wie hy uit vrye wil en sonder onbehoorlike
beïnvloeding 'n verklaring afgelê het. Brits het die
verklaring woordeliks genotuleer, dit aan die appellant
voorgelees, en laasgenoemde het dit onderteken . Die
appellant se relaas was dat hy reeds twee dae voor
15 Mei 1981 voor Kapt. Brits gebring was. In
laasgenoemde/ ........
7.
laasgenoemde se kantoor was sersante Gagiano,
Temmers en 'n paar ander lede van die polisiemag.
Kapt. Brits het die appellant gesê om te "praat"
van die "roof"; toe hy antwoord dat hy nie van enige
roof kennis dra nie het Gagíano en Temmers hom aan-
gerand. Hy het egter voet by stuk gehou en deur
gaans ontken dat hy enigiets met die rooftog, waarna
die polisie verwys het, te doen gehad het. Na 'n tyd
is hy weer na sy sel teruggeneem. Op 15 Mei 1981 is
hy weer 'n keer voor Kapt. Brits gebring; weereens was
Gagiano en Temmers aanwesig. By hierdie geleentheid
het Kapt. Brits 'n stuk papier waarop daar reeds geskrywe
is, voor hom op sy lessenaar gehad. Brits het die
appellant/ ........
8.
appellant aangesê om die papier teonderteken.
Hy was nie gesê wat op die papier geskrywe is nie.
Hy het aanvanklik geweier om aan Brits se versoek
te voldoen, waarop hy weereens deur Gagiano en Temrners
aangerand en ook gefolter is. Na 'n tyd het hy
geswig en die dokument onderteken. Dit was nooit
aan hom voorgelees nie, en hy wis nie wat die inhoud
daarvan was nie.
Na voltooiing van die verhoor binne
"n verhoor het die verhoorregter beslis dat die ver-
klaring bewys mag word. Redes vir die beslissing
is later verstrek en ek sal weldra daarna verwys.
Die inhoud van die verklaring is soos
volg:-/ .........
volg:-
9.
"Ek en Sharkey was op die dag die
heel dagsaam toe kry ons vir Kenneth
hulle toe rook ons 'n pyp en toe loop
ons endie aand toe kom "Kef" ons haal
en toe sê hy ons most inklim, toeklim
ons maar net in en toe ons vir ons kom
kry toe is ons maar inKensington.
Kef hulle het vir my gesê ek moet saam
met hulleagteraan loop. Ek het buite
gekom en in die deur gestaan ek weet nie
watbinne in aangegaan het nie. Wat ek
kom kry toe sê hulle ons moet nouhard-
loop tot by die kar. So toe ry ons
toe trek 'n polisie van ons af.Voordat
ons kan uitklim toe het Kef hulle al
klaar uitgeklim. Toe hoor ekskiet en
toe duik ons weer in want ons het laaste
uitgeklim. Toe is onsweg na Carel se
huis toe daar het ons afgedeel. Toe
kry ek 'n Rl90toe rook ons 'n paar pype.
Laat ons gaan slaap. Die Maandag het
ons gaanbioskoop speel by Mitchells-
plein. Toe het "Kef" hulle almal
geloop en eken Sharky en Clive het
daar/
10.
daar gebly tot die Dinsdag toe,
Kef is mos ons baas.
Vraag: Met wie se motor het julle
gery op 81.05.10?
Antw: Met Kenneth se kar wat se dak
af is .
Vraag: Wie het vuurwapens by die roof
in Kensington gehad?
Antw: Kef en Skuitjie.
Vraag: Wie het die heel aand die motor
bestuur?
Antw: Kenneth
Vraag: Wie het op die polisie geskiet?
Antw: Seker hulle met die guns
Vraag: Wie het die polisimanne se guns
gehad?
Antw: Kef en Stukas
Vraag: Waar het jy die guns gesien?
Antw: By Carel, Kef het die guns gehet,
ek dink drie.
(Get.) R Benjamin)
Dit sal gesien word dat die verklaring
nie 'n erkenning inhou dat dieappellant binne in die
plek/ ..........
11
plek in Kensington was waar sy makkers ingegaan het nie.
Terwyl dit dalk van die omstandighede afgelei kan word
dat dit die huis was waar die rooftog na bewering gepleeg
was, dui die verklaring glad nie daarop dat die appellant
'n aktiewe deelgenoot in die rooftog was nie. Adv.
Niehaus, wat namens die staat opgetree het, het toegegee
dat die verklaring nie gekonstrueer kan word as 'n
bekentenis van aandadigheid aan roof nie. Hy het egter
aangevoer, m.i. tereg, dat die erkenning deur die
appellant in die verklaring dat, nadat hulle "afgedeel"
het, hy R190 ontvang het,in effek en in die lig van die
omstandighede neerkom op 'n bekentenis van skuld aan
die ontvangs van gesteelde goedere welwetende dat dit
gesteel/ ...........
12.
gesteel is of diefstal. Op die roofklagte kon die
appellant aan hierdie mindere misdrywe skuldig bevind
geword het. Ek bespreek vervolgens derhalwe díe ge-
tuienis aangaande díe toelaatbaarheid van die ver-
klaring, in die lig van die bepalings van artikel
217{1) van die Strafproseswet 51 van 1977 wat van toepassing
is. Die las het op die staat gerus om bo redelike
twyfel te bewys dat die verklaring deur die appellant
vrywillig en ongedwonge afgelê was en sonder dat hy
onbehoorlik daartoe beivloed was.
Blykens die redes wat die verhoorregter
later verstrek het vir sy beslissing om die bekentenis
toe te laat, het hy die geskil eenvoudig gesien as een
oor/ .........
13.
oor die vraag of die appellant met geweld verplig was
omdie verklaring te onderteken al dan nie. Sy slotsom
was soos volg -
"Daar is geen wesentlike kritiek teen
die Polisiegetuies nie en ek moethierdie
getuienis aanvaar aangesien die algemene
indruk is dat hullegetuienis bevredigend
is terwyl dié van die beskuldigde
no. 3 nieis nie. Dit is onwaarskynlik
dat al die Polisiebeamptes so goedsou
saamgesweer het dat hulle getuienis so
goed inpas. Dit lyk ook hoogsonwaar-
skynlik dat die verklaring deur die Polisie
vooraf uitgeskryf sougewees het, die
inhoud daarvan dui eerder daarop dat dit
'n egteverklaring deur die beskuldigde
is . "
Ek vind - met respek - nie fout met die
belese regter se oordeel aangaandedie gehalte van die
appellant se getuienis nie. Dit is hoogsonwaarskynlik
dat/ ........
14.
dat die betrokke lede van die polisiemag, indien
hulle van voornemens was om die appellant te dwing
om homself te kompromitteer, 'n konsep-verklaring sou
voorberei wat grotendeels verontskuldigend is. Ek
deel ook die mening van die verhoorregter dat die styl
van die verklaring daarop dui dat dit uit die mond
van die appellant kom. Daar was ook heelwat geloofwaar-
dige getuienis van geleenthede waar die appellant by
verantwoordelike persone sou kon gekla het indien hy
aangerand was. Hy het nooit gekla nie.
Ek vrses dat ek egter nie met die ver-
hoorregter kan saamstem dat daar geen wesentlike
kritiek teen die polisiegetuies was nie, en dat hulle
bevredigend/ .........
15.
bevredigend getuig het. Die rekord dui op verskeie
aspekte van hulle optrede wat hulle geroepe was om
te verduidelik. Die verduideliking van veral Kaptein
Brits en Sersant Temmers was uiters onbevredigend.
Ek sal dit later bespreek. Ek wil allereers daarop
wys dat die verhoorregter nie net moes oorweeg het of
die beskuldigde se klagtes van aanranding en foltering
ontsenu is nie. Hy moes nagegaan het of die getuienis,
in die geheel gesien, in voldoende mate tpon dat die
appellant inderdaad vrywillig en sonder 'n gevoel van
verpligting sy verklaring afgelê het. Ek stem in dié
verband saam met wat Colman R gesê het in S v Mofokeng
and another 1968(4) S A 852(W) 854 i f tot 855 C -
"That/ .........
16.
"That, however, does not conclude the
enquiry. I may not receive inevidence
a confession, even if I believe its
contents to be true, unless Iam
satisfied beyond reasonable doubt that
it was freely and voluntarilymade and
that the accused person who made it
was not unduly influencedwithin the
meaning of sec 244(1) of the Criminal
Procedure Act to make it.The fact
that the accused are unreliable witnesses
does not of itself meanthat the State's
burden of proof has necessarily been
discharged. Insaying that I am not
unmindful of the remarks of Williamson,
J.A., i nS v Mkwanazi, 1966 (1) S.A.736(A.D.) at p. 747. Thoseremarks
embody an injunction against the rejection
of a confession of thebasis of mere
conjecture unsupported by any evidence.
But considered intheír context they do
not mean that a trial Court, which has
foundthe accused to be an unsatisfac-
tory witness, is thereby relieved of the
duty/
17.
duty to weigh up the evidence as a
whole in order todecide whether the
prerequisites to admissibility have
been proved beyondreasonable doubt'.
It has to be remembered that, especially
in a capitalcase, an accused person
has a most powerful motive for seeking
to have hisconfession rejected.
Because of that he may lie; but for
the same reasonhe may exaggerate or
distort an event which had really taken
place, and inso doing discredit himself
It is my duty therefore to examine the
Policeevidence about the circ*mstances
leading up to the confessions."
Die geheelindruk wat ek van die polisie-
getuienis het is dat die betrokkelede van die mag,
nadat hulle die appellant en sy medebeskuldigdesin
hegtenis geneem het, met erge verontagsaming van die
toepaslikevoorakrifte en gebruike teenoor die aan-
gehoudenes/
18.
gehoudenes opgetree het. Hulle optrede jeenssommige
van die appellant se medebeskuldigdes, waarna ek netnou
sal verwys, is m.i. ter sake in dié opsig dat dit 'n
patroon gevolg het soortgelyk aan die wat die appellant
te beurt geval het.
Die eerste van die betrokke optredes
wat ek wil bespreek, is dat die appellant nie, ooreen-
komstig artikel 50(1) van die Strafproseswet, No 55 van
1977, binne 48 uur na sy inhegtenisname voor 'n hof
gebring was nie. Hy was vroeg die oggend van Woensdag
13 Mei 1981 in hegtenis geneem. Eers op 18 Mei 1981
is hy voor 'n hof gebring. Toe Sersant Temmers hieroor
uitgevra was het hy beweer. dat hoewel die appellant
reeds/ ........
19 .
reeds vroeg op 13 Mei 1981 gearresteer was, hy eers
om 18h00 die dag by die selle in die aanklagkantoor
te Parow opgeneem is. Hy het probeer om te kenne te
gee dat die tydperk van 48 uur eers vanaf dié tyd
begin loop het. Ek is bereid om in Sersant Temmers se
guns te aanvaar dat hy dalk kon gedink het dat die be-
trokke wetsbepaling (artikel 50(1) van die Strafproseswet)
so uitgelê kan word dat die vereiste wat daarin gestel
word dat "hy aangehou (word) vir 'n tydperk van hoogstens
agt-en-veertig uur", begin loop vanaf die tyd dat die
gearresteerde persoon na 'n polisiekantoor gebring word
(Volgens artikel 50(1) moet 'n gearresteerde "so gou
moontlik" na arrestasie na 'n polisiekantoor geneem word).
Die/ ........
20.
Die punt van belang is egter dat die beskuldigdeinderdaad
onmiddellik na arrestasie na 'n polisiekantoor geneem
was, en wel na Bishop Lavis Polisiestasie. Hy is
weliswaar nie dáár in 'n sel geplaas nie. Eers later
dié dag is hy in 'n sel by die polisiekantoor te Parow
opgeneem. Ek dink nie dat Sersant Temmers kon ge-
dink het dat die tydperk van 48 uur later as die
tyd waarop die appellant by Bishop Lavis Polisie-
stasie aangekom het, begin loop het nie. Ek meen
Temmers se verduideliking was onopreg. Volgens my
oordeel het die betrokke lede van die polisiemag
geweet dat hulle gebonde was om die appellant op die
laaste teen 15 Mei 1981 voor die hof te bring. En
geen/.......
21.
geen aanvaarbare verduideliking vir die nalate om hierdie
fundamentele verpligting na te kom, is verstrek nie.
Ek wil in hierdie verband verwys na die
uiters onbehoorlike metodes wat aangewend is om te
verseker dat twee van die appellant se medebeskuldigdes
nie binne 48 uur na arrestasie voor die hof gebring word
nie. Beskuldigdes 4 en 6 was reeds op 11 Mei gearresteer.
Toe die 48 uur tydperk na aan verstreke was, het die
lede van die ondersoekspan besluit dat die betrokke
beskuldigdes nie toe reeds voor 'n hof gebring gaan word
nie. Die doel is verwesenlik deurdat vrylatingsbriewe
ten opsigte van die twee beskuldigdes uitgereik is, maar
dat htille steeds aangehou was. Die skyn wat verwek is
is/........
22.
is dat die twee beskuldigdes inderdaad vrygelaat
en daarna herarresteer is, met die gevolg dat die
48 uur tydperk van nuuts af sou loop. Hiervan
was die twee beskuldigdes onbewus. In sy getuienis het
Sersant Gagiano ruiterlik erken dat die doel van die
optrede misleidinq was. Daar kan geen twyfel wees
nie dat die lede van die ondersoekspan op onbehoorlike
wyse wou verhoed dat die aangehoudenes voor 18 Mei
1981 in 'n hof verskyn. Intussen, in die woorde van
Sersant Temmers, het die betrokke lede van die mag
"heeldag gewerk met hulle".
Ek sal later daarna verwys dat toe
Kaptein Brits oor die vrylatingsbriewe ondervra was,
hy/.......
23.
hy aanvanklik die hof onder die indruk wou bring
dat hy nie van die aangeleentheid kennis gedra het
nie. Later het dit geblyk dat hy self die betrokke
briewe onderteken het. Hy moes van die poging tot
misleiding geweet het, en hy was daarby betrokke.
In sy betoog het Adv. Niehaus namens
die Staat aangevoer dat die versuim om die appellant"
binne 48 uur vanaf sy aanhouding voor 'n hof te bring
nie sy besluit om 'n verklaring te maak kon beïnvloed het
nie. Hy het aangevoer dat die appellant waarskynlik nie
geweet het wat sy regte in die verband was nie. My
kommentaar is allereers dat daar geen getuienis was dat
die appellant onbewus was van sy regte nie. Ek sou
inteendeel/.......
24.
inteendeel neig om te dink dat persone wat beweeg in die
kringe waarin die appellant - blykens die getuienis -
beweeg, waarskynlik bewus was van die reël onder be-
spreking. Ek dink dat die feit dat toe die appellant
op 15 Mei 1981 voor Kapt. Brits gekom het, en die moont-
like aflê van 'n verklaring ter sprake was, die omstandig-
heid dat hy onbehoor lik deur die polisie aangehou was,-
nie 'n gunstige klimaat vir die aflê van 'n vrywillige be-
kentenis geskep het nie.
Vervolgens wys ek op 'n verdere optrede
van Kaptein Brits, naamlik dat toe beskuldigde no. 4
geweier het om 'n verklaring voor hom as v.rederegter
te maak, hy hom nietemin ondervra het. Sy antwoorde
is/ ........
25
is genotuleer. Kaptein Brits het netso opgetree
ten opsigte van beskuldigdes no. 1 en 2 , wat verkies
het om te swyg. Daardie "verklarings" is as deel
van die bewysmateriaal voor die hof a quo geplaas
Hierdeur het Kaptein Brits nie alleen van die
Regtersreëls verbreek nie, maar duidelik getoon dat
hy nie by die aangehoudenes dit behoorlik tuisgebring
het dat hulle swygreg enige waarde het nie. Toe die
appellant op 15 Mei 1981 voor Kaptein Brits gekom het,
en die moontlike aflê van 'n verklaring ter sprake was,
moes Kaptein Brits op die betrokke vorm een van die
woorde "verkies" of "weier" deurhaal in die volgende
woorde wat in die toepaslike vorm voorkom - "Ek
verkies/weier/ ........
26.
verkies/weier om 'n verklaring te maak". Nie een van
diewoorde is deurgehaal nie. In antwoord op die
vraag wat die appellant in dieverband gesê het, het
Kaptein Brits getuig:
"Ja hier op die geroneode vorm het
ek nie doodgetrek of hy 'nverklaring
wil af lê of nie, maar hy het 'n
verklaring afgelê,dit is hoekom ek
die afleiding maak dat hy wel bereid
was om 'n verklaringaf te lê. "
Ek dink egter nie dat Kaptein Brits se afleiding ge-
regverdig is nie,want die geval van beskuldigde no. 4
dui daarop dat selfs al sou dieappellant geweier het
om 'n verklaring te maak, sou hy nog ondervra geweeshet,
en sou sy antwoorde genotuleer gewees het. Die redelike
moontlikheiddat die appellant nie bereid was om 'n
verklaring/
27.
verklaring te maak, was m.i. nie uitgesluit nie.
Die volgende aspek van die aflê van
die appellant se verklaring waarna ek wil verwys is dat
hy nie voor 'n landdros geneem is om dit te doen nie.
Die onwenslikheid daarvan dat 'n offisier soos Kaptein
Brits, wat ten nouste gemoeid was met die ondersoek
van die roofklagte, optree by die maak van 'n
bekentenis, is al by herhaling onderstreep (vgl. o.m.
S v Mofokeng (Supra); S v Mdlulu and Others 1972(2)
S A 839(A); S v.Mbele 1981(2) S A 738(A)). Kaptein
Brits was om 'n verduideliking gevra; hy het gesê
"daar moet een of ander verklaarbare rede wees wat ek
nie nou kan onthou nie". Geen omstandigheid was egter
deur/.......
28.
deur enige getuie vermeld waarom die appellant,
indien hy werklik 'n verklaring wou maak, nie voor 'n
landdros geneem was nie. Die moontlikheid bestaan
m.i. dat Brits besef het dat indien die appellant voor
'n landdros geneem was, hy nie 'n bekentenis sou doen
nie.
Ek wend my nou na die kwessie van die
geloofwaardigheid van die betrokke polisiegetuies.
Ek het reeds verwys na die feit dat Kaptein Brits die
indruk wou skep dat hy onbewus was van die skyn-
optrede in verband met die vrylatingsbriewe. Die ge-
tuienis van Sersant Gagiano, wat m.i. in die opsig aanvaar
moet word, maak dit duidelik dat Kaptein Brits 'n aktiewe
en/ .......
29.
en bewustelike deelgenoot in die hele optrede was.
Wat die aanhouding van die appellant vir meer as . 48
uur na aanhouding aanbetref, het hy homself weerspreek.
Hy het dit eers as sy mening gestel dat die appellant
reeds teen die oggend van 15 Mei 1981 voor 'n hof gebring
moes gewees het; later het hy van die standpunt wou afwyk
Sy ferme bewering dat hy onbewus was van die te lang
aanhouding van die verdagtes kan nie aanvaar word nie;
hy was immers op hoogte van al die verwikkelinge
van die ondersoek.
Sersant Temmers het ook nie goed gevaar
as 'n getuie nie. Ek het reeds daarna verwys dat hy
'n onaanvaarbare verduideliking probeer bied het vir
die/ .......
30.
die feit dat die appellant nie tydig voor 'n hof gebring
was nie. In een redelik wesenlike opsig het hy homself
weerspreek. Aanvanklik het hy getuig dat toe die appellant
en sy mede-beskuldigdes die eerste keer voor 'n hof gebring
is, daar klagtes van 'n aanranding by die polisiekantoor
te Bishop Lavis was. Later het hy onomwonde verklaar
dat (ek het) "geen woord van aanranding gehoor nie."
Sersant Gagiano was die mees betroubare
van die Staatsgetuies in die verhoor binne 'n verhoor
Hoewel hy erken het dat die optrede ten opsigte van
die te lange aanhouding van beskuldigdes no. 1 en 4
op bedrog neerkom, was hy aanvanklik ongeneë om saam
te stem dat daar enige poging tot misleiding was.
Dit/ ........
31.
Dit is ook ter sake dat hy, tesame met SersantTemmers,
bereid was om op 18 Mei 1981 die landdros voor wie
die beskuldigdes die eerste keer verskyn het, te mislei:
in die dokumentasie wat voor die landdros geplaas is, is
die datum van arres van beskuldigdes no. 4 en 6 as 13
Mei 1981 aangegee; in werklikheid was die datum 11 Mei
1981.
In die geheel gesien dink ek dat die
verhoorregter se uitgesproke vertroue in die Staats-
getuies misplaas was. Die hof moes ook in gedagte gehou
het dat bewys van die appellant se verklaring die enigste
bewysmateriaal teen hom sou daarstel, en dat 'n besonder
versigtige ondersoek na die vrywilligheid en spontaneiteit
van/ .......
32.
van die verklaring genoodsaak was (S v Mkwanazi1966(1)
S A 736 (AA) te 745 G-H). Ek dink dat die redelike
moontlikheid dat die appellant homself nie vry geag het
om te swyg nie, of dat een of ander vorm van druk op
hom uitgeoefen was, nie uitgeskakel kan word nie. Die
verklaring moes nie toegelaat gewees het nie. Die
resultaat is dat die appellant nie eens aan die mindere
klagte van die ontvangs van gesteelde goed, wetende
dat dit gesteel is, of diefstal, skuldig bevind kon
gewees het nie.
Ek bespreek vervolgens die skuldigbevinding
aan besit van 'n vuurwapen. Die getuienis teen die
appellant was dié van ene John Fredericks. Hy was
nie/........
33
nie 'n indrukwekkende getuie nie, maar die appellant
hetverkies om nie self te getuig nie, hoewel Fredericks
direkte getuienis teenhom afgelê het. Daardie feit
het die effek gehad om John Fredericks segetuienis
te versterk (S v Mthetwa 1972(3) S A (A) te 769 B-E).
Ekmeen dat die hof a quo voldoende rede gehad het
om JohnFredericks se getuienis te aanvaar.
Die appellant se advokaat het aangevoer
dat dit nie duidelik is of John Fredericks, met sy ge-
bruik van die woord"gun" as die voorwerp wat die
appellant besit het, na 'n werklike vuurwapenverwys het nie. Het hy nie dalk 'n speelding in gedagte gehad nie?
Ek is egter van mening dat aangesien dié moontlikheid
nooit/
34
nooit tydens kruisondervraging geopper is, dit nie nou
ernstige oorweging. verg nie. Daar was in ieder geval
heelwat getuienis om te toon dat waar persone soos John
Fredericks van "gun" praat, hy 'n werklike rewolwer of
pistool in gedagte het. Ek dink dat die appellant
tereg skuldig bevind is.
Die bevel van die hof is
1. Die appèl teen die skuldigbevinding weens roof met
verswarende omstandighede slaag. Die skuldigbevinding
en vonnis word ter syde gestel.
2. Die appèl teen die skuldigbevinding weens die besit
van 'n vuurwapen in oortreding van artikel 2 van Wet 75
van 1909 word afgewys.
ELOFF, Wnde AR
VILJOEN AR)
) STEM SAAM
BOTHA AR )